top of page
Search
Writer's pictureChanelle Oosthuizen

Oorleef


Ek het hierdie naweek my eerste adventure race gedoen met n skool span- 2 skool seuns en een meneer. Die race was in n pragtige area van die Vrystaat, waar daar berge is oral om… ja, Berge in die platte Vrystaat! Ons het eerste gekom in die 60km kategorie maar ongeag dit (waaroor ek super stoked is), is die mees betekenisvolle gedeelte van die race die ervaring en verandering wat mens deurgaan. Ek sê spesifiek “deurgaan” en nie “ondergaan” nie, want hierdie toets van jou liggaam, siel en gees gaan oor deur druk en aanhou tot mens nie meer kan nie, en dan nog so bietjie verder verby jou eens op n tyd limiet.

Dis onmoontlik om dieselfde te wees na n avontuur resies. Wel, vir sekeres wat toelaat dat die fluisterstem van moeder natuur gestuur deur die Winde van Bo met jou praat terwyl dit jou winderverwaaid laat. Dit verander jou manier van dink, doen en wees so drasties, maar tog so stilletjies. Saggies en ongesien vertaal die natuur deur na jou alledaagse doen en late. Die deur druk van gees word geëts in jou brein en die wêreldse gemaklikhede wat eens op n tyd so belangrik gevoel het, kwyn weg. Jy dink anders aan die water wat so maklik met die draai van n kraan tot jou beskikking is- dit proe selfs anders, so asof dit werklik die oorsprong van lewe is. Want sonder hierdie hulpbron is die span dood op sy voete. Die samewerking van die span en die belangrikheid van elke lid word afgedruk op hoe mens ander hanteer en die kamaraderie in die span bereik n ander vlak van kwesbaarheid en samesyn in jou gemoed. Mens besef die skat ontdek in die erkenning van swakheid, wat hopelik dan deurtrek na jou ander verhoudings in die “werklike lewe”. Jy ervaar vriendskappe meer belangrik, want die waarde van n lewe en n sagte woordjie gaan myle - letterlik. Die son voel anders op jou vel en jy sien die skaduwees wat die tyd van die dag teken, maar die dae vloei ineen sonder terugroep na die datum en dag. Sekondes mag voel soos dae en ure soos minute, so relatief raak die tyd wat verby kruip nes daai skaduwees wat jy raak speur soos jy aanhou beweeg. Solank mens aanhou beweeg sal mens oorleef en die pad weer vind. Hou net aan vorentoe beweeg. Beweging beteken lewe. Een voet voor die ander en met elke tree wissel jou gedagtes van leegheid verby die pyn na wat jou sterk maak. En dit vind elke persoon uit eers wanneer jy op jou swakste is. Hoeveel mense kan sê dat hulle al werklik daar was? So op die nippertjie van opgee lewe en die bloed van nederlaag byna proe op jou tong. Was ek al daar?

Ja, veranderd het ek teruggekom na hierdie kort avontuur van n leeftyd. Met die besef dat hierdie oorleef-oomblikke vir ewig op die dagboek van my lewe geskryf gaan wees. En dat die storie van my oorlewing en die heroorweging van wat lewensbelangrik en brood(energybar)nodig is, nog nie sy einde bereik het nie. Ek het nog nie oor die wenstreep van hierdie spesifieke been in my wedloop avontuur getrap nie. En wie weet waar my kompas my gaan vat.


35 views0 comments

Recent Posts

See All

Genade

Ek het laas week weer gaan kospakkies uitdeel, n groot deel van hoe Hoopdraers (nie-winsgewende maatskappy) geleentheid maak om die Woord...

Kerstyd

Ek wonder baie keer oor die mense wat Hoopdraers gehelp het en steeds huidiglik ondersteun. Daar is so baie stories wat ek kan deel oor...

Ietsies

Comments


bottom of page