top of page
Search
Writer's pictureChanelle Oosthuizen

Ietsies

Updated: Dec 20, 2022

Soos ek nou weer terug is in Pretoria, speel baie herinneringe van die week af op die rolprent van my geheue. Ons het die dag wat ons die Wes-Kaap verlaat het, vir een van Diandra se vriendinne gaan kuier. Sy bly net buite Mosselbaai saam haar man wat n Safari Camp besit en bestuur. Dit was so mooi om te hoor hoe sy praat van haar man, hoe hulle ontmoet het en die lieflike lewe wat hulle nou saam deel. Ek het net weereens besef dat as n verhouding gegrond is in Christus, is dit mooi en reg en wat almal wil hê.


Na die inloer is ons deur Meiringspoort wat n paar dae voor dit oorstroom het, maar gelukkig vir ons weer heropen is. Die pas is net ongelooflik. Jy voel so klein en niksseggend teen daardie klowe. Die reën het ons hier en daar gevang op pad na Beaufort-Wes. Die wolke het ons getart op die lang pad met die wisselende lig en donker soos ons onderdeur hulle beweeg.


Die dag na Beaufort-Wes was ons na een van my vriendinne (en haar twee jonger broers) wat bly in Vanderkloof. Dis nou vir jou n dorpie om te beleef, maar saam met die inwoners; dis net anders. Baie Suidlanders en n hele paar funksionele alkoholiste se tuiste. Die dam is die tweede grootste een in SA en die water was so lekker om in te swem. Die damwal was indrukwekkend verby en as jy so oorlê om na die groot massa vallende water te kyk, maak jou maag so snaaks. Die gasvryheid en vriendelikheid van die mense by wie ons was, ken geen end nie en dit was heerlik om weer bietjie in n huis te wees. Ons sou nie die aand oorbly nie, maar so teen 18h00 was ek glad niks meer lus om te ry na Bloem vir die aand nie. Ons het die aand toe deurgebring in n pub – Ribbok – saam egte Afrikaanse mense, waar n pool kompetisie aan die gang was. Ek is trots om te sê ons ken die wenner. Die res van die aand het ons gekuier in my vriendin se kamer. Die volgende oggend het ons vroeg opgestaan, met die geskree van die jongste boetie om op te staan en koffie met n “jammer julle word nou so wakker” van die oudste broer. Die sonsopkoms vanaf n koppie wat uitkyk oor die dam en dorp, was n nostalgiese einde aan die vakansie. Die ontbyt saam die gesin was n goeie afsluiting waar ek geleer het om nie Germiston stasie aan n tafel met 8 te wees nie. Ek was baie jammer om daar weg te gaan en hoop om n avontuur of paar saam die jongste boetie aan te pak, wat alleen vanaf Vanderkloof tot in die Kaap en terug met sy fiets gery het.


Al hierdie ietsies en datjies is waaruit die lewe bestaan, elke dag is daar iets om oor huis toe te skryf en elke dag kan mens iets leer. Ons kan nie vir God sien nie, maar ons kan na mekaar kyk en ons kan na Sy skepping kyk. En vir nou, is dit genoeg.








33 views0 comments

Recent Posts

See All

Genade

Ek het laas week weer gaan kospakkies uitdeel, n groot deel van hoe Hoopdraers (nie-winsgewende maatskappy) geleentheid maak om die Woord...

Kerstyd

Ek wonder baie keer oor die mense wat Hoopdraers gehelp het en steeds huidiglik ondersteun. Daar is so baie stories wat ek kan deel oor...

Comments


bottom of page